Die Blackheath Verbeteringsdistrik hou sy Algemene jaarvergadering en alle belanghebbende persone word genooi na ‘n oorsig oor die jaar se bedrywighede asook die bevestiging van die MOI soos vereis deur die Maatskapeiewet 71 van 2008.
Datum: 19 September 2012
Tyd: 13:00
Plek: Peninsula Beverage, Skoolstraat, Blackheath
Slegs bona fide-lede van die Blackheath Verbeteringsdistrik kan stem vir resolusies wat by die Algemene Jaarvergadering ter tafel gelê word. Alle eienaars van industriële eiendomme wat binne die Spesiale-heffingsgebied val, kan lede word sonder enige koste daaraan verbonde, maar moet geregistreer wees voor 5 September 2012.
Vir verdere inligting asook oor hoe om te registreer kontak die Blackheath Verbeteringsdistrik by: www.bcid.co.za of stuur ‘n e-pos aan bcid@kingsley.co.za of 021 905 0929